Liewe oom Krismisfader PDF Print E-mail
News - Ou Poon se plotpraatjies
Wednesday, 19 December 2012 07:00
Untitled Document

Liewe oom Krismisfader – dis weer ek oom, Daantjie van Donkerhoek, maar oom hoef nie te wharrie nie want ek wil nie meer ‘n kwatbaaik hê nie.

Ek word mos nou al so mooi groot oom, my ouma Annie sê so, en ek was hierrie jaar nog soeterder as laasjaar. Vra maar vir my ouma, moenie vir my ma vra nie, oom. Sal oom tog onthou om hierrie jaar vir my ma gedild saam te bring as oom my pirsente kom aflaai. My ma sê haar gedild is nou op. En krag. My ma sê altyd – gee my tog krag.

Kwatbaaike raas en maak stof en is gifaarlik – só sê my ouma. Sy sê dis onviranwoorelik vir grootmense om vir kinners kwatbaaike te gee en oom Krismisfader is mos ‘n grootmens. Laankal al. Nou virstaan ek hoekom oom elke keer iets anners bring al vra ek altyd vir ‘n kwatbaaik. Oor oom nie onviranwoorelik is nie.

‘n Aaipot is nie gifaarlik nie, oom en dit sal maklikter in oom se pirsentesak pas. Een met gyms op. Of as oom ‘n Furby het wat kan Afrikaans praat, of ‘n Harrie Potter trein. Hille sal almal saam in oom se pirsentesak pas.

Wat is ‘n porta pottie oom? My pa sê allie mense wat in Mooikloof Riets bly moet porta potties kry, dan sal hille dinges – my pa sê daai woord wat kinders nie mag sê nie – nie die heletyd in die straat afloop en in die spruit land nie. Kan oom ‘seblief vir hille van dit saambring? My pa vra.

Is oom getroud, oom? As oom is dan sal oom virstaan dat net een tiewie te min is. Tannie Krismisfader het seker haar eie tiewie, oom? Hoekom wil tannies altyd seepies op tiewie kyk as daar rakbie op is, oom? Bring ‘seblief vir my ma hierrie jaar haar eie tiewie vir seepies, oom. Dan sal sy nie so kwaat word vir my pa nie.

Sy sê as dit nie rakbie is nie is dit krieket en as dit nie krieket is nie is dit gholf en sy sê my pa se dinges – nog ‘n woord wat kinners nie mag sê nie, oom – gan nog vasgroei an daai lyziebooi van hom daar voor die tiewie. Hoe lyk seepies oom?

Het oom nie dalk masjiene wat kan drywe plik nie, oom? Ek het gehoor toe my pa en oom Bierman van langsaan praat toe ek al weer tanne getel het en toe sê oom Bierrman hille moet masjiene kry wat kan drywe plik want masjiene kan nie klippe gooi en plase af brand nie en dan sal ons sien waar kry die (ek mag dit ok nie sê nie,oom) hille (mag nie sê nie) mininimim loon vandaan. Oom Bierman sê dit.

Weet oom wat virre ding is ‘n kraaim hotspot, oom? Die ooms en tannies van gemeenskap se kierrietyt het annerdag ‘n klomp van daai kraaim hotspotte in die Bromberg gekry en die mense vertel van dit sodat hille moet weet. My pa sê gmf, die heele blêrrie (weet nie of kinders dit mag sê nie) land is een groot kraaim hotspot. Wat is gemeenskap, oom?

Oom ken mos my boetie Neelsie? Hy word ok nou al mooi groot en hy het gevra ek moet vir oom Krismisfader vra om vir hom van daai groot rooi tiplorries te bring. Hy vra twee van hille, ‘seblief oom en ek dink regtig my baba susie wil baie graag ‘n nuwe rakbiebal hê.

Ek wonner oom, is daar darem iemand wat vir oom ‘n Krismispirsent bring? As oom die pirsente hier aflaai en almal slaap mos al, dan kan oom kyk, agter die kombysdeer hang so ‘n plank met ‘n handsvatsel aan wat oom maar kan saamvat vir ‘n pirsent.

Oom moet mooi ry en groete sê vir tannie Krismisfader.

Groete oom.

Van soet Daantjie van Donkerhoek.

 

 

© 2019 Die/The Bronberger