Bewonder ?Swart Luiperd? PDF Print E-mail
News - Briewe
Thursday, 28 February 2013 05:33
Untitled Document

Frans Versluis skryf via ons webtuiste:
Ek het so pas julle artikel oor die ‘Swart Luiperd’ in die Januarie-uitgawe gelees en geruime tyd gelede Thomas Packenham se boek oor die Boere-oorlog. Kitchener was voorwaar ‘n moordenaar, daarvan kan my oupa en ouma wie albei in die konsentrasiekampe was en gelukkig oorleef het, getuig.

Kaptein Duquesne verdien ‘n medalje vir sy rol om Kitchener se dood teweeg te bring. Dit is jammer dat daar nie in die algemeen meer oor Kaptein Duquesne bekend was nie en ‘n skande dat hy as hulpbehoewende in Amerika gesterf het. Hy was ‘n held van die ZAR.

Ek sou graag ‘n kopie van Francois Venter se rolprent wil bekom as julle daarmee kan help. My oupagrootjie was ‘n kommandant in die Boere-oorlog (FS Alleman) wie deur generaal Jan Smuts na Europa (sekerlik Nederland) gestuur is met ‘n rapport aan President Kruger en volgens die boek wat ek het, getiteld ‘Onze Krijgs-Officieren’: “welke moeilike zending hij met sukses volbracht.”

Ek lees baie graag ‘Toeka Se Dae’ en wil die skrywer daarvan geluk wens met ‘n puik artikel en sterkte met al die harde navorsingswerk.

Ons is net so nuuskierig oor Francois Venter se dokumentêre film. As lesers weet waar om dié film in die hande te kry, laat weet ons asseblief.-Red

 

© 2019 Die/The Bronberger