Hulp met Mooiplaats-plaats-grondeis |
|
|
|
News -
Briewe
|
Wednesday, 16 July 2008 00:00 |
Untitled Document
Prof Chris J van Vuuren van Mooiplaats skryf:
Dankie vir ?n eie en eiesoortige
tydskrif. Wat van ?n tweeweeklikse
uitgawe? In verband
met die Mooiplaats en ander
moontlike grondeise in die
omgewing: Ek is bereid om die grondeienaars
behulpsaam te wees met die
antropologiese en historiese navorsing
oor die eisers se aanspraak.
Ek is sedert 1978 betrokke by navorsing
op die terrein van die mondelinge oorleweringe
en geskiedenis van plase in
onder andere die Pienaarsrivier-gebied.
In kort, grond wat aan die Ndebele se
mondelinge oorleweringe gekoppel
word.
Ek het veral sedert 1985 op die meeste
plase in die omgewing saam met
Ndebele oudstes rondbeweeg. Ek doen
die afgelope aantal jare heelparty
grondeis-ondersoeke en bied hiermee
my hulp en ervaring aan.
Grondeienaars kan my gerus op my
selfoon, 082-424-2746, of per e-pos,
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
, kontak.
Sterkte met die tydskrif! |
|