Desperaat oor skaaphond PDF Print E-mail
News - Briewe
Monday, 25 March 2013 14:18
Untitled Document

Zoe Badenhorst skryf via ons webtuiste:
Ek het ‘n twee-jaar-oue ‘border collie’ kruising, en ek wil hom baie graag na ons plaas toe neem vir meer ruimte en hardloopplek. Ek wil graag hê hy moet skape werk en deel word van die plaaslewe.

Die probleem is hy het ‘n aggresiewe neiging teenoor vreemde mans (ek is bekommerd hy byt ons werkers) en boonop vat hy die pad sodra hy van ‘n leiband af is.

Kan iemand ons help met klasse of voorstelle? Asseblief, ons is redelik desperaat.

Ons het Zoe in verbinding gesit met Tania Quarmby, voorsitter van die Pretoria Herdershondklub in Menlopark. Tania het aanbeveel dat Zoe haar hond eers vir gehoorsaamheidsopleidingklasse vat en dat die skaap-aankeer-opleiding daarna op Mooiplaats kan begin.-Red

 

© 2019 Die/The Bronberger