Kuier om ?n kombuistafel PDF Print E-mail
News - Briewe
Monday, 25 March 2013 14:20
Untitled Document

Nikki de Pina van Cullinan skryf:  
Hallo Span Bronberger. Julle laat my dink aan ’n groot hout kombuistafel wat rondom vol is met baie mense. Daar is ’n houtstoof en warm brood en vars plaasbotter met konfyt en tuisgebroude koffie.

Almal gesels so lekker; daar is baie stories en niemand wil huis toe gaan nie. Tot die kinders bly stil en sit op kombersies in die groot kombuis.

Ek het respek daarvoor dat julle liefde en waardering vir die mense in die gebied uitdra in julle stories. Dis omtrent nou familie.

Die Bronberger is ’n unieke publikasie; dit is heeltemal plat op die aarde. Pragtig en besonders.

 

© 2019 Die/The Bronberger