Op soek na ?Vondeling? PDF Print E-mail
News - Briewe
Monday, 25 March 2013 14:21
Untitled Document

Petro Eysele van die Cullinan/Rayton omgewing skryf:
Ek wonder net of iemand nie dalk weet waar ek ‘n boek kan opspoor in die omgewing van Cullinan en Rayton nie. Die boek se naam is ‘Die Vondeling’, geskryf deur Ena Zinn Joubert en dit is ongeveer in 1959 uitgegee. Dit is ‘n ou boek, daarom sal dit tussen ou en tweedehandse boeke wees.  

Ek skakel elke Vrydagaand op Radio Pretoria se boekeklub in, en daar was so hier en daar reaksie, maar dit is net mense wat sê hulle sal ook uitkyk vir my vir die boek. Dit gaan oor ‘n baba wat op ‘n weeshuis se stoep gelos is, maar verder kan ek nie die storie onthou nie.

Ek het ook al by omtrent al wat ‘n tweedehandse boekwinkel is navraag gedoen, asook by die Hospice. Ek sal dit opreg waardeer indien julle dalk vir my ‘n idee kan gee waar ek dalk ook in daardie omgewing navraag kan doen.

Kontak my by 012-751-4601, 072-290-9970 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

Baie dankie ook vir julle pragtige uitgawes van Die Bronberger; dit is so interessant om te lees en vol baie plekkies wat ‘n mens kan besoek.

 

© 2019 Die/The Bronberger