Vriende deel Bronnie elektronies PDF Print E-mail
News - Briewe
Monday, 25 March 2013 14:22
Untitled Document

Joppie Nieman van Boksburg skryf:  
Ek sien op Facebook dowwe foto’s wat my vriend geplaas het uit Die Bronberger. Daar ontdek ek ‘n wonderlike publikasie vir ons wat van tyd tot tyd na julle gebied ry om so bietjie al die besienswaardighede te sien!

Is die uitgawe ook elektronies te sien? Ek wil onder andere meer sien van die "Klip Klap Antique Market" asook die "Under the Oaks". Die foto’s wat ek op my vriend se Facebook-blad gesien het is baie dof en die telefoonnommers, ens. kan nie gelees word nie.

Joppie, ons is bly dat lesers bladsye van die Bronnie se Dinge-om-te-doen uitgawe inskandeer en op hulle Facebook-blaaie sit! Ons weet dat die Bronnie al jare lank deur sekere lesers gefotostateer word om met hulle vriende te deel. Jy kan elke uitgawe se redaksionele inhoud op ons webtuiste lees, www.bronberger.co.za. Elke nuutste uitgawe word eers ‘n ruk ná verspreiding opgelaai en behoort aan die einde van elke maand te siene te wees.-Red

 

© 2019 Die/The Bronberger