Ek wil dit met julle deel PDF Print E-mail
News - Briewe
Monday, 29 April 2013 12:31
Untitled Document

Hettie Fourie van Rayton skryf:
Na aanleiding van die paragraaf oor die ‘Via Dolorosa’ opvoering wat in die Maart-uitgawe was, wil ek graag my ondervinding met julle lesers deel. Dit was ’n ongelooflike ondervinding wat ek beleef het.

Dit het begin by die laaste Avondmaal wat Jesus saam met die dissipels geniet. Hier het die hele gehoor ook deel aan gehad. Dit het verder gegaan waar Jesus gebid het, verskyn het voor Pontius Pilates en Herodes, geslaan en gemartel is tot by die kruisiging en begrafnis van Jesus.

Die skare was deel van die hele roete wat die Here geloop het. Wat vir my die meeste beteken het, was die feit dat met elke hou wat Jesus ontvang het, was die wete dat dit vir ons sonde en siektes was wat hy op hom geneem het.

Die akteurs was almal puik in hulle optredes. Baie geluk aan Nymph Kellerman vir die uitstekende opvoering. Dit het my weer laat besef wat Jesus vir ons gedoen het. Volgende jaar as hulle dit weer opvoer is ek weer daar.

 

© 2019 Die/The Bronberger