Kan iemand ons hospitaal red? PDF Print E-mail
News - Briewe
Monday, 29 April 2013 12:32

Lynette Tolmay van Doornkraal, Cullinan skryf:
Ons het die artikel oor die ou hospitale in Pretoria baie interessant gevind en was veral verbaas oor al die skenkings wat daartoe bygedra het.

Een hospitaal in die gebied wat ook van belang is, is die Premier Myn Hospitaal wat in 1907 opgerig is deur die myneienaars. Die hoeksteen is deur Annie Cullinan gelê, en is ook as militêre hospitaal gebruik.

Ons woon al 40 jaar in die omgewing, en het deur die jare baie van die hospitaal se geriewe, en dokters gebruik gemaak. Ons gemeenskap is baie teleurgesteld om te hoor dat dit aan die einde van Maart toegemaak het. Die Clinix groep wat dit in 2010 oorgeneem het kon dit blykbaar nie meer winsgewend bedryf nie. 

Is daar tog nie iewers ’n groep mediese ouens wat hierdie hospitaaltjie kan red nie? Dit sal so baie vir die gemeenskap beteken om nog hierdie gerief, en veral die nooddienste, te behou. Die naaste hospitaal is Mamelodi of Wilgers of Montana. Veral vir die ouer mense in die gemeenskap is dit nodig om ’n hospitaal en dokters in Cullinan te hê.

Waar is die donateurs of die ouens met goeie planne om so ’n juweel te red? Ons dink dat ’n artikel hieroor dalk belangstelling sal lok, en dalk kom daar ’n entrepreneur wat sy geld hierin wil belê.
Dankie vir die mooi tydskrif.

Lynette, jy kan die berig oor dié hospitaal hier. -Red

 

© 2019 Die/The Bronberger