Kragonderbrekings bring skade Print E-mail
News - Aktueel
Monday, 29 April 2013 14:40
Untitled Document

Die gereelde en onvoorspelbare kragonderbrekings in Zwavelpoort en omgewing is nie net ‘n bron van frustrasie en ongerief vir inwoners nie, maar lei ook tot groot skade by sake-ondernemings in die gebied.

Ondernemings wat bederfbare produkte verkoop het in die afgelope maande kwaai deurgeloop en groot hoeveelhede produkte het op die ashoop beland.

Kwekerye is afhanklik van ononderbroke kragvoorsiening om plante volgens fyn uitgewerkte tydskedules op sekere dae en tye met drukpompe te benat.

Die kragonderbrekings veroorsaak kwaai skade by kwekerye, soos Blyfontein, wat bome op groot skaal kweek.

Volgens Dirk Marais van Blyfontein in Lynnwoodweg-verlenging dwing die voortdurende onderbrekings in kragvoorsiening hulle nou om voorraad drasties te verminder.

Daarom adverteer Blyfontein in dié uitgawe van Die Bronberger ‘n groot verskeidenheid bome teen ‘weggeepryse’, sê Dirk.

 

© 2020 Die/The Bronberger