Het jy gehoor? / Have you heard? - Jul 2008 PDF Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Wednesday, 16 July 2008 02:00
Untitled Document

Hendrik Ver Loren Van Themaat issued a warning to anybody using the ?drift? through the Zwavelpoort spruit at his plot, number 124, Zwavelpoort. Be on the look-out for suspicious young guys sitting near the drift area. It seems as if they?re throwing nails in the road to cause punctures which would stop cars next to the road. Earlier this year, three guys shot at and lightly wounded the brother of one of Hendrik?s tenants. He was pulled out of the car and the robbers drove away at high speed. It happened between the drift and Hendrik?s gate. The vehicle was later recovered in Tembisa.

xxx

?n Kuiergroepie manne het onlangs in een van die Bronberg se watergate oor hul vrouens gesit en skinder. Die een s dat sy vrou nou regtig oud word. Sy het so baie plooie, sy skroef deesdae haar hoed op. ?n Ander s toe dis nog niks. Al waarin sy vrou belangstel is haar katte. Maar sy is so lelik, as sy op die sand sit wil die katte haar toekrap.

xxx

Die onaardse lawaai van ?crushers? wat deesdae in Zwavelpoort suid van die berg weergalm, kom van plot 105 af. Ons hoor dis Karee Roads wat hier klippe kraak vir ?n padkontrak. Blykbaar is dit hoekom hulle die legendariese slegte pad deur die drif in die Zwavelpoortspruit geskraap het ? sodat die trokke wat gruis vervoer, heen en weer kan ry vanaf Lynnwoodweg.

xxx

Diegene van julle wat binne die grense van die Kungwini plaaslike munisipaliteit woon, moet nou nie te veel lag as julle die munisipaliteit se amptelike ?visie- en missie-verklaring op hulle webtuiste lees nie. Dit lui: ?Visie: ?n Lewensvatbare munisipaliteit wat gehalte en volhoubare dienste lewer. Missie: Om toeganklike, bekostigbare en gelykmatige dienste aan die gemeenskap op ?n volhoubare basis deur bekwame personeel te lewer.?

xxx

Ons het die volgende briefie uit Tzaneen se wreld oor Die Bronberger se nuwe webwerf ontvang:

?beste oom bromberg
my pa is baie bly oor di saait. hy s nou kan hy so dan en wan homself van die laeveldse gewoel losmaak en op oom se saait die rustigheid van die landelike leefwyse beleef. virtueel seg hy. ons het eers baie vir my oupa daar op oom se dorp gaan kuier, ma? nou wil my pa nie meer nie. hy s die verkeer is te erg en hy raak boureerd daarvan. die laaste keer wat ons daar verby is het my ma gemaak lat my pa amper die kombi by die planetarium in jaansberg omgegooi het. hy praat nie meer met haar nie, oom.
stuur al my liefde vir die ou antie.
hennerietjie?

xxx

?Vanoggend is dit behoorlik koud. Ja, nee, dit is omtrent ?n halfduim koud,? kla ou Fanie onlangs teenoor die manne in ?n plaaslike kuiergat. Dis toe dat Gert Mossie op Fanie se battery mors en s: ? S koud het ek nog nie naastenby gekry nie . . .?

 

© 2019 Die/The Bronberger