Soek hulp met voorbrande PDF Print E-mail
News - Briewe
Tuesday, 28 May 2013 12:57
Untitled Document

Trix van den Berg skryf via die Bronnie se Facebook-blad:
Het nog nie die nuutste Bronnie nie, maar kan julle vir my dalk uit die vuis uit sê of daar mense in ons area bly wat veldgras sny – om ‘fire breaks’ te maak voor die groot brande ons tref. Het nogal heelwat mense wat navraag het daaroor. Dankie.

Corrie Van Rooyen antwoord:
Ek het onlangs in 'n ou Bronberger gelees van so ’n dag wat daar in die omgewing gehou was, waar die inwoners blykbaar saamgewerk het om voorbrande te maak en sulke dinge. Dit het vir my gelyk na ’n gesellige, waardevolle oefening. Ek is self nie in die gebied nie – lees maar net en kuier soms daar rond.

Die berig was ‘Tierpoorters hou voorbrand-kuierdag’ in ons Mei 2012 uitgawe. Die inwoners van Luiperdstraat-Oos in Tierpoort het besluit om vroegtydig met hulle voorbrande te begin en het sommer ‘n gesellige kuierdag daarvan gemaak.-Red

Mike Strange answers:
You can also try Tallas Volschenk on 082-373-3870. He cuts grass in the greater Pretoria area, and currently has a team in Boschkop.

 

© 2019 Die/The Bronberger