Soek mediese rubriek PDF Print E-mail
News - Briewe
Tuesday, 28 May 2013 12:58
Untitled Document

Shané Brits van Tygervallei skryf:
Dit is vir my elke maand ‘n groot opwinding as ek my nuwe Bronberger kry en ek kan nie wag om rustig te gaan sit of lê en lees aan al die interessanthede nie.

Ek geniet die gereelde rubrieke veral baie en is gek oor ou Poon se praatjies en die veearts se leersame artikel.

Ek wil nou nie ‘n ou klakous wees nie en alles wat julle doen en skryf word baie waardeer en geniet, maar hoekom is daar nie meer ‘n mediese artikel nie? Ek het so gehoop dit is net vir een of twee keer uitgelaat en dat dit weer sal begin? Nou lyk dit of julle heeltemal weggedoen het daarmee?

Gesondheid is vir almal baie belangrik en almal baat by so ‘n artikel in hulle eie tydskrif. Wil Die Bronberger nie maar groot asseblief ons mediese artikels terugbring nie?

Ons gereelde bydraers het ongelukkig onttrek, Shané. Maar ons sal ons bes doen om weer ‘n dergelike rubriek aan die gang te kry. – Red.

 

© 2019 Die/The Bronberger