Drie rondloperhonde in Tierpoort PDF Print E-mail
News - Briewe
Monday, 24 June 2013 11:47
Untitled Document

Mandie Jacobs van Tierpoort skryf:
Ons het vroeg in Junie drie honde in Nkwestraat, naby die toring in Tierpoort gekry. Hulle was ook vroer die oggend op die grondpad toe ons kafee se kant toe gery het. Ons kon hulle ongelukkig nie saamvat huis toe nie omdat ons honde met hulle sal baklei. Ons het wel vir hulle hondepille en water gegee, want hulle was baie dors en honger.

Die boerboel en een Jack Russel het 'n vlooibandjie aan, maar nie die ander Jack Russel nie. Die boerboel het ook 'n besering wat behandel is. As iemand na hulle soek, kom kyk asseblief in die Tierpoort-area.

 

© 2019 Die/The Bronberger