Oom Willie Kortbroek se pyn PDF Print E-mail
News - Ou Poon se plotpraatjies
Monday, 24 June 2013 13:58
Untitled Document

Vriend Hannes Cilliers, ook nou reeds saliger, het destyds ?n storie uit sy kinderjare in die Riemland vertel en, nogal gepas, het die storie gedraai om die gevare wat ?n riempiestoel kan inhou.

Dit was die gebruik dat die groter Celliers-gesin op Sondagoggende by sy oupa en ouma op die plaas aandoen. Dan is daar sommer in die voorkamer behoorlik ?boeke gevat? soos wat dit op die Sabbat hoort, het Hannes vertel.

Nou was een van Hannes se ooms, oom Willie Kortbroek, so genoem omdat oom Willie altyd, winter of somer, kortbroek gedra het. Van daardie lekker wyepyp kakiebroeke wat jy by die Jood se winkel op die hoek kon koop. En oom Willie Kortbroek kon blykbaar geen styfpassende kledingstuk bo, of onder teen sy lyf verdra nie.

Een goeie Sondagmre, het Hannes vertel, kies Oupa 'n besondere lang hoofstuk met die boekevat saam en hy wat klein Hannes is sien oom Willie se ooglede raak swaar. Oom Willie Kortbroek se kop begin stadig borskant toe sak en nie lank nie, of die ou begin indut. Terwyl Oupa se stem eentonig voortdreun, sit hy en sy broer Piet en kyk hoe Oom Willie al wyer met sy bene uitmekaar sit soos hy toetentaal ontspan.

Toe ontspan, uhm . . . alles, ook oom Willie Kortbroek se, s maar, kroonjuwele. Eers kom die eerste kosbaarheid deur die riempiesmat van die stoeltjie. Toe sak die tweede een deur en sluit hom aan by die eerste. Hulle sien Ouma probeer oom Willie met die o waarsku, maar dis nutteloos want s o is toe.

Dit was vir hom en sy broer Piet die verskriklikste ding om hulle lag te bedwing, het Hannes vertel.
Skielik s Oupa in sy gewone bas praatstem: ?Tot sover. Kom laat ons bid.?

Hulle sien oom Willie Kortbroek skrik wakker. Almal staan op om, soos die gebruik is, by hulle stoele te kniel. Maar toe oom Willie opstaan, kom die riempiesmatstoeltjie op 'n baie pynlike wyse saam. Met di skreeu oom Willie so hard dat die opstaldak wil lig: ?O eina, helsem!?

Oupa skrik so groot hy stamp die Statebybel van die tafel af. Ouma gee ?n bloedstollende gil. Ou Leeu, die hond wat in die gang gel het, gee 'n benoude tjank en storm vir die voordeur. In sy vaart vat hy die skoenlees wat as deurstop gedien het, saam en dit knetter die trappe af.

Die hanslam wat voor die voordeur gel het, dink seker dis die einde en spring tot binne-in die selonsroos, waar hy vassit en luidkeels voortblr. Volslae pandemonium! Einde van die Sondagmre boekevat.

Sy ma boender hom en broer Piet by die voordeur uit, maar hulle gaan loer eers deur die voorkamervenster en sien hoe Ouma die nattigheid op die riempiestoel en die plankvloer met ?n vadoek opvee. Toe gaan rol hulle soos hulle lag in die kalwerhok, het Hannes vertel.

Hulle s die Jood op die hoek waar oom Willie al die jare sy kortbroeke aangekoop het, het amper op sy rug geval toe die ou daardie Maandagoggend by die winkel instap en vir ?n kakie langbroek vra . . .

 

© 2019 Die/The Bronberger