Gevaarlike boewe gesoek Print E-mail
News - Aktueel
Monday, 24 June 2013 14:01
Untitled Document

Inwoners van Bashewa en Tierpoort word vermaan om op hulle hoede te wees vir twee gevaarlike misdadigers wat in die gebied bedrywig is.

Die twee mans, wat blykbaar van Mosambiek afkomstig is, het glo onlangs ?n inwoner van Bashewa, Victor Mincevich, aangeval en beroof

Victor is ?n Poolse immigrant wat vleisverwerking op sy hoewe doen. Hy s die boewe was gewapen met vuurwapens en messe.

?n Beloning van R3 000 word aangebied vir enige inligting wat tot hulle inhegtenisneming sal lei.
Jy kan 086-001-0111 bel as jy iets oor die twee weet.

 

© 2020 Die/The Bronberger