Bapsfontein-hotel herleef sy gloriedae PDF Print E-mail
News - Toeka se dae
Monday, 24 June 2013 12:11
Untitled Document

VroeŽr jare het mense in deftige pakke en aandrokke van heinde en verre gekom om by die Bapsfontein-hotel te dans. Alle danspaaie het na die ?Baps? geloop. Musieksterre soos Min Shaw, Barbara Ray en Lance James het hier naam gemaak. Met die hotel se sluiting in 1994 het dit wat as die Boere-Memphis-era beskryf is, hier tot ?n einde gekom.


Die vervalle Bapsfontein Hotel
Foto?s: Outdoorphoto jacojvr

Na bykans 20 jaar se verval en besetting deur duisende plakkers wat die danssaal as ?n sjebien gebruik het, word daar nou weer in die Baps gedans. Die bouval is verlede jaar deur Gert Wolmarans, Fanie van Wyk en Andrť Zehnder aangekoop en hulle doelwit is om die ou diva tot volle glorie te herstel. Reeds met Oujaarsaand verlede jaar het 500 mense 2013 in diť hotel ingedans.


Francois Johannes Hattingh, 17-9-1919 ? 13-4-1987. Die foto is geneem voor die vernietiging van grafstene by Kemptonpark se Bredell-begraafplaas Frans se grafsteen getref het
Foto: eggsa Gert Esterhuizen

Gert, Fanie en Andrť is besig om die hotel in fases te restoureer. Toe hulle die bouval aangekoop het, was die meeste vensters gebreek, daar was geen elektriese kabels oor nie en daar is op die dansvloer vuur gemaak.

Hulle wil die 20 kamers oordoen, die restaurant weer oopmaak en die stuk grond oorkant die pad, waar die plesieroord was, skoonmaak en opknap.


Frans Hattingh en mej WÍreld, Anneline Kriel

Toeka
Francois Johannes (Frans) Hattingh, die man wat Bapsfontein in ?n bestemming omskep het wat niemand gou kon vergeet nie, is op 17 September 1919 gebore. Hy het die Bapsfontein-hotel in 1952 as ?n 32-jarige bouer gekoop. Die legendes wat rondom diť hotel ontstaan het, het alles met Frans se visie te doen gehad.

?n Polisieman wat in die tagtigs by Welbekend Polisiestasie gewerk het, vertel dat hy eendag vir baie ure na Frans se lewensverhaal gesit en luister het. Hy het vertel ?hoe hy stene gelÍ het dat sy jonge rug wil breek en bloed deur die krake van die sement-eelte op sy hande sypel. Dat hy homself ryk gebuig, gesweet en gewerk het en toe Bapsfontein ?raakgesien? het.?


Frans se Sertifikaat van Registrasie as Hotelier
Foto: Facebook Bapsfontein Hotel

In 1955 het Frans die eerste danssaal voor die hotel gebou en elke Vrydag- en Saterdagaand is daar tot hanekraai gedans op die maat van musiek deur Van?s Swing Band.

Frans het later ?n plesieroord oorkant die hotel ontwikkel met ?n saal en ?n verhoog, ?n swembad, braai- en piekniekgeriewe, koeltebome, sitplek, parkeerplek en ?n permanente pretpark met masjienaangedrewe vermaak soos mallemeules.

Al Willox en sy groep het sedert 1956 vir vermaak gesorg en knap ?n jaar later moes ?n groter danssaal gebou word.


?n Ou advertensie vir Bapsfontein se Desember feesgety program dui kunstenaars soos Pierre de Charmoy aan
Foto: Facebook Bapsfontein Hotel

LM
Vanaf 1961 is die LM Talent Parade op Saterdagaande regstreeks uit Bapsfontein uitgesaai. Diť uitsending het gehore van tot 3 000 mense na die Baps gelok en die halfeindronde is deur 7 000 mense bygewoon. Dit is in die eindrondte van diť parade wat ?n onbekende onderwyseres, Min Shaw, naam gemaak het.

In 1962 was dit tyd vir verdere uitbreidings. Die danssaal het twee verhoŽ bygekry en ?n houtvloer met plek vir 750 paartjies ? die grootste danssaal in die Suidelike Halfrond.


Bapsfontein Plesieroord en Hotel ? Kunstenaars vir 1989 wys Hansie Roodt as orkes en
Moby Dick as seremoniemeester
Foto: Facebook Bapsfontein Hotel

Die houtvloer was ?n spesiaal vervaardigde dansvloer wat goed genoeg vir internasionale danskompetisies was.

Rondom die dansvloer, op die platform, kon honderde mense by tafels en stoele sit en die verhoŽ het altyd met ?n lewende orkes, soos die van Hansie Roodt, gespog.

In 1977 was die Baps-belewenis so bekend dat die BBC ?n dokumentÍre program oor die dorpie gemaak het.


Dans elke Saterdagaand om 8 uur by Bapsfontein en ?n groot country en western fees
op Sondag 1 Mei 1988
Foto: Facebook Bapsfontein Hotel

Kleredrag
Frans was ?n netjiese man en het altyd ?n wit hemp, geruite hoed en ?tweed? baadjie gedra. Geen wonder dat hy op ?n sekere standaard kleredrag aangedring het nie en dat jy nie ?n man sonder ?n das op die dansvloer sou sien nie.

Die reŽls wat by die voordeur aangebring is, het duidelik gestel: ?Drag: Streng aanddrag en vol pakke alleen. Geen kinders en denim-klere sal gedurende dans-aande toegelaat word nie.?

Nog ?n reŽl was: ?Geen enkelmanspersone sal toegelaat word nie?. Die oud Welbekend-polisieman het vertel dat Bapsfontein later in die 1980?s die ontug Mekka van hierdie land geword het.


?n Ou foto van die ingang na die Bapsfontein
Hotel se kroeg
Foto: Facebook Bapsfontein Hotel

Die reŽls wat destyds by die voordeur
aangebring is
Foto: Facebook Bapsfontein Hotel

Frans het die hotel in 1982 aan Manuel da Cal verkoop. Groot country-konserte het steeds duisende mense gelok en op enige gegewe dag kon jy sit en luister na Gene Rockwell, Tommy Dell, Bobby Angel, Barbara Ray en Lance James.

Frans is op 13 April 1987 oorlede en is in Kemptonpark se Bredell-begraafplaas begrawe.
Die laaste groep wat in 1994 by die Baps opgetree het met die hotel se afsluitingsgeleentheid, was Mango Groove.


Op die verhoog by Bapsfontein in die tagtigerjare ? Rocking Horse se Barry Buret met die kitaar en Tony Ridgway by die dromme

Bankrot
Toe die hotel in 1994 bankrot gespeel het, het die plakkers begin intrek. Daar het op die ou einde 5 000 mense gebly en 210 strukture is op die perseel opgerig.

In Februarie 2007 is die vervalle hotel met plakkers en al op ?n veiling vir R150 000 verkoop en die plan was om die gebou in ?n winsgewende handelsentrum te omskep.

Sinkgate het in die gebied ontwikkel en die plakkers is in 2011, glo vir hulle eie veiligheid, na Putfontein verskuif.


?n Dertig sent toegangskaartjie tot Bapsfontein Plesieroord
Foto: Facebook Bapsfontein Hotel

Dit is toe dat Bapsfontein letterlik uit die asse begin opstaan het. Nuwe restaurante het begin oopmaak, ?n Saterdag-mark is in die lewe geroep en in 2012 het Gert, Fanie en Andrť die hotel gekoop en bekende musiekgroepe het daar begin optree.

Die jaarlikse Bapsfontein tydren word in die omgewing gehou en jy kan die gebied besigtig deur ?n rit in ?n ligte vliegtuigie, op ?n perd se rug, ?n motorfiets of bergfiets.

 

© 2019 Die/The Bronberger