Ek hou nie van onregverdigheid nie PDF Print E-mail
News - Briewe
Monday, 29 July 2013 00:16
Untitled Document

Jeanine Coetzee skryf via ons webtuiste:
My suster het vir Farm City begin werk ongeveer vier maande gelede as ‘n ‘casual’, soos hulle dit noem. 

Laas maand moes die hele winkel oortyd werk omdat daar voorraadopname gedoen moes word. Een aand het drie geword en was op die ou einde amper ‘n hele maand wat die werkers oortyd moes werk tot in die vroeë oggendure.

Daar is twee weke terug aan die ‘casuals’ gesê dat hulle nie moet werk toe kom van Maandag af nie, want Senwes moet eers ‘n besluit maak oor watter ‘casual’ werkers hulle vas gaan aanstel en watter nie, maar hulle moet elke Vrydag ingaan om hulle geld te gaan kry. Die oortyd-geld is nie eers dadelik aan die mense uitbetaal nie.  

Vrydag 28 Junie het die mense (my suster inkluis) ingegaan om hulle geld te kry, wat aan hulle in kontant uitbetaal is. Vrydag 5 Julie toe hulle weer ingaan om geld te gaan kry, word daar vir hulle gesê hulle moet almal Maandag 8 Julie daar wees sodat daar met hulle gepraat kon word en hulle geld sal dan gegee word. 

Weereens is hulle geld nie aan hulle gegee nie, nadat hulle ure moes sit en wag en daar is ook aan hulle gesê dat hulle nie langer daar kan werk nie. 

‘n Swart dame wat na my suster daar begin werk het, is vas aangestel. Hoe werk dit? Is daar nie meer regverdigheid in ons land nie?  Ek is nie ‘n rassis nie maar hoekom word daar mense aangestel wat nie eens lank genoeg daar werk nie?

Die Bronberger het Jeanine se brief aan Afgri se hoofkantoor aangestuur vir kommentaar. Marlo Kotze uit Klerksdorp het ons kantoor gebel. Hy het gevra dat Jeanine hom kontak sodat dinge uitgesorteer kan word. Hy het gesê dat die manier waarop haar sussie behandel is, nie hulle beleid is nie. Hy het ook gesê dat hy baie bewondering het vir iemand wat so vir haar sussie opstaan. -Red

 

© 2019 Die/The Bronberger