Goeie reaksie op brief in Bronnie PDF Print E-mail
News - Briewe
Monday, 29 July 2013 00:17
Untitled Document

Petro Eysele van The Meadows, Hazeldean skryf:
Baie dankie vir die briefie wat julle ‘n hele rukkie terug in Die Bronberger geplaas het toe ek op soek was na die boek, ‘Die Vondeling’. 

Ek sê baie dankie aan Vonnie (sy is toevallig na die boek vernoem) wat wel die boek ‘Vonnie’ aan my gegee het. Ek het ook die ‘Die Vondeling’, geskryf deur Ena Zinn Joubert, geleen gekry by Annatjie Schutte van Springs. Baie dankie.

Nou is ek op soek na die boek ‘Vonnie’, wat geskryf is deur DP du Toit, want die boek wat ek gekry het se laaste paar bladsye is ongelukkig weg. Ek is so nuuskierig om te weet hoe die boek geëindig het en sal so bly wees as iemand anders vir my die boek beskikbaar kan stel. 

Baie dankie dat Die Bronberger so ‘n lekker-lees en gratis tydskrif is. Sterkte met julle pragtige werk.

 

© 2019 Die/The Bronberger