Wie sal weet? PDF Print E-mail
News - Briewe
Monday, 29 July 2013 00:17
Untitled Document

Carel-Johann De Bruin skryf via Die Bronberger se Facebook-blad:
Net voor of na die Anglo-Boere-oorlog was ’n Van Gass man ‘n transportryer in Oos-Transvaal. Hy het `n orrel vanaf LM (Maputo, Mosambiek) na een van die kerk-gemeenskappe in Oos-Transvaal vervoer vir installasie in hulle nuwe kerk. Ongelukkig weet ek nie waar en vir wie nie.

Daar aangekom kon die orrel nie by die deur in nie! Dit is toe aan die karwyer gegee as vergoeding. Volgens my informant bestaan die orrel (seker "orreltjie"!) vandag nog. Is daar lesers wat kennis van hierdie insident het?

Lesers wat weet, kan Die Bronberger kontak by 012-734-0522 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . -Red

 

© 2019 Die/The Bronberger