PDF Print E-mail
News - Toeka se dae
Monday, 29 July 2013 00:43
Untitled Document

Sover bekend staan die laaste oorspronklike mylpaal wat in Pretoria oor is in Hatfield. Dit verkondig tot vandag toe dat Pretoria twee en ‘n half myl ver is.


Die langslewendste mylpaal in Pretoria staan in Hatfield
Foto: Dirk Taljard

Dié mylpaal staan aan die noordekant van Kerkstraat, by nommer 950, waar Hillstraat uit Hatfield ‘n T-aansluiting met Kerkstraat maak.


Die mylpaal sê dat Pretoria twee en ‘n half myl ver is
Foto: Dirk Taljard

Dit is waarskynlik baie vroeg in die 1900’s deur die Engelse daar geplant, is van leiklip en is ongeveer een meter hoog.

 

© 2019 Die/The Bronberger