R3 miljoen om Rocklands reg te maak PDF Print E-mail
News - Briewe
Sunday, 25 August 2013 16:35
Untitled Document

Elize Verwaaij-Mare skryf via ons Facebook-blad:
Ek geniet julle Bronberger vreeslik baie, veral uit ‘Toeka se dae’! Baie dankie vir die pragtige artikels.

Ek het toevallig die Rocklands-huis in Cullinan (soos bespreek in julle Julie-uitgawe) gaan besoek, uit blote nuuskierigheid want ek ry elke naweek daar verby en kon myself nie keer om die imposante woning te besoek nie.

Wow, dit was beslis voorheen 'n pragtige statige woning gewees met pragtige tuine. Dit is so bitterlik jammer dat die pragtige plek so deur vandale geruïneer is. ‘n Mens sou 'n pragtige restaurant daar op die been kon bring, maar ongelukkig, vanweë die groot skade, gaan dit seker maklik R3 miljoen kos om die plek in alle glorie te herstel. Wat 'n jammerte!

 

© 2019 Die/The Bronberger