Dankie vir wonderlike skool |
|
|
|
News -
Briewe
|
Monday, 18 August 2008 01:59 |
Untitled Document
Ina du Preez skryf:
Ek wil net vir die mense sê wat
kleuters het en dalk nie gelukkig is
met hul kleuterskool nie en of dalk
by die huis sit met kleinding - julle
moet regtig ’n draai gaan maak by
Nethania.
Ek het twee kleuters van vier en
twee jaar oud. Hulle was in ’n
kleuterskool in die Moot en hulle
het mekaar nie bedags gesien nie
omdat hulle die kinders in verskillende
klasse sit.
My kinders het in die middae so
baklei met mekaar omdat hulle net
gewoond was om mekaar te sien
in die aande en die oggende.
Noudat hulle saam in die skool is
in dieselfde klas en mekaar heeldag
sien is daar nie meer sulke
dinge nie. Daar is min kinders en
baie aandag.
En waar kry jy ’n kleuterskool wat
die kinders se tande na ete borsel
en sonblok-room aansit as hulle
buite gaan speel? En beter nog,
hulle gesigte word gereeld room
gesmeer vir die winter skurfheid!
En dan praat ons nie eers van die
gebalanseerde maaltye wat hulle
kry en die lekker versnaperings
soos wafels en stroop of muffins
en yogurt nie.
Anneri, baie dankie vir jou wonderlike
skool! |
|