Moeder van feeste skop só af Print E-mail
News - Aktueel
Sunday, 17 November 2013 20:47
Untitled Document

Diefstal van spoorstawe op die treinspoor tussen Rayton en Cullinan het bykans die afskopgeleentheid vir volgende jaar se R45 miljoen Dinokeng-fees in die wiele gery.

Gaste wat op Donderdag 7 November vir dié afskop met die trein by Cullinan-stasie sou aankom, is op Rayton afgelaai. Hulle sou met ‘n blokpartytjie op die Cullinan-stasie verwelkom word, maar is toe met sewe busse van 60 gaste elk en vyf toergidse by die Rayton-stasie opgelaai.


Een van die verhoë by die feesterrein buite Refilwe
Foto: Norbert Schling

Die Dinokeng-fees word deur die Tshwane-metroraad en vennote, Sony Music Entertainment en Rockstar4000, beplan om volgende jaar glo 20 jaar van ‘demokrasie te vier’.

Die afskopgeleentheid se gaste het vanaf 12 uur by Rovos Rail se Capital Park-stasie aangekom waar hulle deur Rockstar4000 se tradisionele dansers en tromspelers vermaak is voor hulle die treinrit-met-verversing aangepak het.

Gaste het gestrek van kabinetsministers, uitvoerende lede van die metroraad, buitelandse ambassadeurs van gekose konsulate, die media, bekende persooonlikhede, vermaaklikheidskunstenaars, en verteenwoordigers en senior bestuurslede van handelsname en borge.


Sewe oopdekbusse het elk 60 mense na Cullinan vervoer

Foto: Elsabé Maré

Ná ‘n kort bustoer deur Cullinan is die gaste na die hooffeesterrein buite Refilwe met sy drie verhoë, genaamd Dance Village, Thunder Valley en Diamond Fields, vir die afskopgeleentheid geneem. Toeskouers is deur optredes van sangers en tradisionele dansers sowel as platejoggies vermaak.

Die organiseerders is nog op soek na hoë-profiel internasionale talent om groot skares na volgende jaar se fees te lok. Kunstenaars van Afrika en Suid-Afrika sal egter meer as 90 persent van die program volmaak
 

© 2020 Die/The Bronberger