Vreethans se kaas is hier Print E-mail
News - Briewe
Tuesday, 22 April 2014 23:44
Untitled Document

Hannelie du Plooy van Kaalfontein skryf:
Baie dankie vir die baie mooi Vreethans-rubriek in Die Bronberger se Maart-uitgawe. Dit word vreeslik waardeer en ons is bly die persoon was tevrede met alles.

Ek wil net graag sê ek het die blokkie wit cheddar net buite, waar die karre stop, opgetel en in die yskas weer gebêre vir die persoon wat dit verloor het. Hy of sy is welkom om dit te kom haal as hulle weer hier verbygaan. Ongelukkig sal dit nou ‘n nuwe stukkie moet wees, want ek het dit net gister onder in die yskas uitgehaal en gebruik, maar dit was ‘n R24,50 stukkie. 

Vreethans laat weet dat hy julle R1.80 skuld, want die ‘nuwe stukkie’ wat hy saam met ander aankope verniet gekry het, se prysplakkertjie het R26.30 gesê. Hy sê ook die wit kaas was verskriklik lekker. – Red.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2020 Die/The Bronberger