Pompoms in padreserwe netjies gebaal Print E-mail
News - Ons Omgewing
Tuesday, 22 April 2014 23:54
Untitled Document

Lynnwoodweg-verlenging se padreserwes het waarskynlik die hoogste digtheid pompom-onkruid in die Bronberg-gebied. Die padreserwe se gras is onlangs tussen die ou Bafana Kafee en Mervander-honde gesny en saam met die pompoms se grys saad gebaal.

Die vraag wat besorgde inwoners van die omgewing nou vra, is wat met dié bale gaan gebeur? Gaan dit iewers as veevoer gebruik word sodat die pompoms se sade dan van voor af oor die grasvelde versprei word?

Pompom, Campuloclinium macrocephalum, hou een van die grootste omgewingsgevare vir die land in omdat dit ongerepte grasveld inneem. Grasveld wat met pompom besmet is verloor sy drakrag vir vee en wilde diere en raak metterwoon waardeloos.

Die bedreiging kan teengewerk word deur onmiddellik die blomme en knoppe af te pluk en in ‘n donker plastieksak te sit, sodra in paar plante in die veld gesien word. Laat dit vir ‘n paar dae in warm son lê, sodat die blomme kan ontbind en saadvorming stop. Verbrand die oorblyfsels.


Dié bale langs Lynnwoodweg-verlenging is vol pompom-saad

Trek die res van die plant met wortels en al uit. As die plant afbreek is dit so goed soos ‘n vitamieninspuiting. Al wat ‘n stukkie wortel is sal weer uitgroei. Dit is beter om die oorblywende plant met ‘n onkruiddoder te spuit. Gebruik Brush Off 2.5 g per 10 liter water gekombineer met Effecto.

 

© 2020 Die/The Bronberger