?Dinge om te doen? was hoogtepunt PDF Print E-mail
News - Briewe
Wednesday, 17 September 2008 17:40
Untitled Document

Juanita Jamneck van Mooiplaats skryf:

Ek sal graag wil noem dat die“Dinge om in die Bronberg te doen” uitgawe vir my uitgestaan het in hierdie publikasie-jaar. Dit was interessant om te sien dat daar dinge is waarvan ek nog nie geweet het nie, al bly ek al meer as ses jaar in die gebied.

Dit was egter ook hartseer om te sien dat een van die plekke wat in dié besondere uitgawe genoem is, ’n volkleur, volblad advertensie uitgeneem het met geld wat hulle sekerlik beter kon aangewend het om die klompie maer, uitgeteerde perde wat aan die eienaar van die besigheid behoort, te voer.

Sulke verwaarlosing is ’n skreiende skande en ek hoop enige iemand wat die plek besoek, sal ook sy stem dik maak daaroor.

As ’n mens kyk na die hoeveelheid‘hits’ wat ‘Dinge om te doen’ op ons webwerf kry, blyk dit asof ons elektroniese lesers met jou saamstem. Gaan kyk hoe ver dié artikel voor al die ander is by www.bronberger.co.za. -Red

 

© 2019 Die/The Bronberger