Veiligheidsheining wat gesonde vrugte dra Print E-mail
News - Ons Omgewing
Tuesday, 22 April 2014 23:56

Untitled Document

As jy op soek is na n ornamentele struik wat n ondeurdringbare veiligheidsheining maak en daarby mal is oor n soetigheid wat goed is vir jou, is die noem-noem jou antwoord.

Sy vrugte kan rou geet word, bevat vitamien B1, B2, B3, yster en natrium en is ryk in vitamien C, kalium, kalsium, magnesium en fosfaat. n Smaaklike jellie, genaamd Amatungulu jellie word maklik van sy vrugte, wat baie pektien bevat, gemaak. Amatungulu is di struik se Zoeloe-naam, wat vrugte van die umThungula beteken.


Die noem-noem se blomme en vrugte
Fotos: Wikipedia

Die rooi vrugte, die grootte van n klein pruim, lok vols na die tuin, wat dan ook die saad versprei. Die noem-noem, Carissa macrocarpa, se welriekende wit blommetjies lok ook n groot verskeidenheid vlinders.

Die woord Carissa kom van die Sanskrit-woord corissa, die naam van een van die Indiese spesies van di plant. Macrocarpa kom van die Griekse woord vir groot en vrug.

Di immergroen struik of klein boompie is inheems aan Suid-Afrika en groei wild langs die KwaZulu-Natal en Oos-Kaapse kuslyne, op sandduine en op die grense van die kuswoude. Hy floreer in klam, subtropiese gebiede en is bestand teen matige koue as hy op n beskutte plek in die tuin geplant is, solank hy genoeg son kry.Hy kan ook matige droogte oorleef, maar groei beter as hy gereeld natgelei word.


Vrug in deursnit

Die noem-noem word uitgeken aan sy leeragtige, donkergroen, wasagtige blare, wat die perfekte agtergrond vir die stervormige wit blomme, watsporadies gedurende die jaar te voorskyn kom, vorm.

Die struik skei n wit melkerige sap af as die vrugte gepluk word. Mense word gewoonlik afgeraai om enige vrugte en ander dele van plante wat n melkerige stof afskei, te eet, omdat dit giftig kan wees. Die noem-noem is egter een van die uitsonderings op di rel.

Hy het lang, netjies gevurkte, skerp dorings wat hom n eersteklas heining maak. Indien hy nie gesnoei word nie, sal hy ongeveer vyf meter hoog en twee meter wyd word.

As jy n digte heining wil aanplant kan jy die plantjies een meter uitmekaar plant. Die noem-noem is maklik om van saad te groei, wat twee tot vier weke n dit gesaai is, ontkiem.


Die noem-noem as heining aangeplant

Vul die saailingbak met grond en kompakteer liggies. Behandel die saad met swamdoder voor dit gesaai word en bedek die saad met n dun laag grond of kompos en gee genoeg water. Hou die saailingbak in n beskutte plek.

Plant die saailinge in grond wat goed met kompos bewerk is, uit. Hulle kan met n vloeibare kunsmis gevoer word. Die saailinge groei aanvanklik stadig, maar dra binne die eerste twee jaar vrugte.

 

© 2020 Die/The Bronberger