Ou Vaaltuin se April-avontuur PDF Print E-mail
News - Ou Poon se plotpraatjies
Tuesday, 22 April 2014 22:11

Untitled Document

Soos almal behoort te weet is Kllienun se gat sommer baie groter as Kimberley sn. Ons gat is die grootste. En soos Kimberley se gat is ons sn ook onder met water gevul. Baie diep waters.

Nou, onthou julle so n wyle gelede het n hond in Kimberley se gat beland?Wel, ons het beter gedoen: n Donkie.

Blykbaar benut n span donkies snags (skelm) die onbeweide groengras wat in die gatreserwe groei.

Die gras teen die helling, net voor die krater loodreg na onder neig, is die beste en dis waar ou Vaaltuin in die nag dikgevreet het toe hy sy footing verloor.

Die volgende oggend was die donkiewagtertjie met eerste lig daar om sy pa se pronkspan te loop haal en aan te jaag huis toe vir die dag se werk. Maar Vaaltuin was natuurlik skoonveld.

N n lang vrugtelose soektog hoor donkiewagtertjie die veraf gebalk van n benoude esel en toe hy in die gat afkyk, sien hy ou Vaaltuin doer onder sirkels swem op soek na n uitklimplek wat daar natuurlik nie is nie.

Die outjie weet sy pa gaan sy gatvelle aftrek as hy sonder die donkie by die huis aankom, maar hy weet ook dat dit meer as een kannetjie gaan vat om ou Vaaltuin daar uit te kry. Die polisiestasie is net oor die spoor van die groot gat af en dis daar waar hy gaan aanklop glo met swaaiende armpies en n skril smeekstemmetjie. Die enigste polisievoertuig staan met n pap wiel. Die drie stewige konstabels aan diens word wakker en waggel oor die spoor, maar nie een sien kans nie en hulle bel die brandweer op Bronkie.

Dis teetyd by Bronkie se brandweer en hulle vat baie lank voor hulle opdaag. Die brandweermense het lank in die gat afgestaar en kort-kort net tonge geklap en koppe geskud. Intussen raak ou Vaaltuin erg moeg onder in die gat. Hulle s hy het al opgehou hondjieslag swem en oorgeslaan na iets wat na kruipslag lyk om kop bo water te hou, toe die myn se elite reddingspan opdaag.

Giepie Gertenbach van die reddingspan is bekend op die dorp as n ou wat vir niks skrik nie en Giepie is met toue en harnasse die gat af en die diep waters in. Di wat daar was s Giepie het met n bloedstollende Tarzankreet daai gat ingeduik en ou Vaaltuin met kragtige hale (soos Johnny Weissmuller) ingeswem.

Met die harnas om Vaaltuin se lyf vas, is die punt van die lang tou aan die brandweerwa se wiensh vasgedoen en oor n katrolkontrepsie op die rand van die skuinshelling gemaak l.

Stadig is die hangende donkie (met Giepie op sy rug) na bowe gewiensh, tot waar die katrol teen die hellings op stelte staan. En dis net daar waar die volgende probleem hom voordoen: Ou Vaaltuin is p en hy kan nie op sy pote staan nie. Hy moet nog die 80 meter teen die helling uit.

Plan B: Giepie en sy maats spring in en skoffel n vlak sloot teen die helling oop tot bo op gelykgrond. Die brandweerwa se slang word oopgedraai om die sloot modderglad te maak en die donkie word stadig opgesleep tot waar hy roerloos op die gelykte bly l.

Oudok Rademan, die distrik se perdedokter, staan gereed om na ou Vaaltuin se welsyn om te sien.

Ou Vaaltuin blyk oukei te wees net erg uitgeput en met n paar vlak snye en kneusplekke. Teen di tyd het n stewige skare saamgedrom om die reddingspoging gade te slaan en almal klap spontaan hande toe Vaaltuin sy grootoor-kop optel en met n dankbare bulksong en n stewige poep of twee laat waai. Maar dis toe oudok Rademan hier om die donkiekop en -bek doenig is, dat die groot verrassing kom:

Met die opsleepslag is n goeie hoeveelheid modder en klip in die donkie se bek en neusgate opgedwing. En daar uit ou Vaaltuin se linkerkies, krap oudok Rademan met sy uitkraptool n knewel van n suiwer blouwit diamant uit! Hulle s dit is n klip van minstens 334 karaat met n ongelooflike geskatte geldwaarde.

Volgende jaar, op 1 April vertel ek verder: Groete, Gert Mossie

 

© 2019 Die/The Bronberger