Teleurgesteld in Wet Nose Print E-mail
News - Briewe
Thursday, 22 May 2014 23:05
Untitled Document

Mariki Erasmus van Rayton skryf:
Ons was weg met vakansie en met ons terugkeer vind ons vir mamma-kat en drie kleintjies in ons agterplaas. Mamma was ooglopend iemand se kat want sy was redelik mak. Ons kon nie meer kos in ons huis laat sonder om alle deure en vensters toe te maak nie en ek is 'n asmalyer wat baie allergies vir kathare is.

Rondloperkatte word 'n redelike groot probleem hier in ons nedersetting. Hulle vang klein hasies en kiewiete. Ek het hulle 'n paar dae kos gegee in 'n vanghok en toe na Wet Nose geneem, want ons is baie lief vir diere en wou hulle 'n kans op 'n huis en lewe gee.

Daar gekom sê 'n vrou by ontvangs hulle kan nie die katte vat nie en ek moet hulle Silverton toe neem na die DBV. Dis 30 km van ons af en hulle sal waarskynlik die katte uitsit.  

Ek sê toe ons kan nie as pensioentrekkers nie, maar sal 'n donasie gee vir kos vir die katte. Ons was ook oppad in totaal 'n ander rigting.

Daar begin sy toe op my skree dat dit eintlik my probleem is, want ons wil nie omdraai nie. Na 'n nag in die hok was die katte al getraumatiseer en wou ek aanbied dat hulle die hok gebruik tot daar 'n huis gevind word, maar sy bly skree en ek sê toe dis nie my verantwoordelikheid nie en dan moet ek hulle maar loslaat. 

Sy begin my toe dreig met vervolging en daar kom 'n jongman by wat ook begin dreig en skree. Ergste van alles volg hy my na die voertuig en hou aan dreig en begin sommer my bejaarde man ook verbaal aanval. Hy het nie eers een keer in die rigting van die diere gekyk nie. Vir die meneer wil ek net sê: ek wag vir die vervolging, moenie ydele dreigemente maak nie!

Op die hek is die logo "a right to life". Ek het begrip dat daar probleme is met te veel diere en te min plek, maar dit gee nie die personeel die reg om onbeskof te wees en 'n mens te verskree nie.

Ek was van plan om die voorval te ignoreer totdat ek van 'n sakevrou op Rayton verneem het dat haar seun dieselfde behandeling ontvang het toe hy 'n rondloper-hond daarheen geneem het. Dis 'n skande, ek praat nie eers met my hond so nie.

Kan mense met vroulike diere hulle tog nie asseblief laat steriliseer nie. Die arme diere moet op 'n manier oorleef wat nie altyd aanvaarbaar is nie.

Wet Nose Animal Rescue Centre answers:
Inspector Tarryn Smith was on duty when mrs Erasmus came to Wet Nose with the stray cats. She explained to Mrs Erasmus that we don’t have kennel space for the cats and asked her to take them to the SPCA.

Mrs Erasmus was not happy about driving to the SPCA and offered us a R100 donation to take the cats. Tarryn asked her to rather use the R100 for petrol to get the cats to the SPCA. As we all know, every story has two sides and what mrs Erasmus has neglected to mention in her letter was that she threatened to dump the cats.

Unfortunately many people do not want to understand the reality of a shelter like Wet Nose. We are a right-to-life shelter. That means that the animals in our care will not be put to sleep to make space for more, but will be looked after and loved until a new home is found.

Wet Nose cares for over 500 animals on donations alone, and it breaks our hearts to turn animals away, but we cannot afford to lose control of the situation and have more animals than we can afford.

The staff at Wet Nose is emotionally blackmailed on a regular basis. Our staff, especially the inspectors, are subjected to unimaginable animal suffering every day and do not take kindly to even more emotional blackmail.
At no stage did our staff shout at mrs Erasmus, but they will also not tolerate someone telling them that they will dump the cats next to the road. What is the point of rescuing cats and then dumping them because it is a little bit inconvenient to drive 25 km to help them?

We do the very best we can with the funds we have and can only do so much. We invite the public to come and visit Wet Nose to see for themselves the kind of work we do and the love and passion that our staff have for the animals in our care, rather than to take the word of a disgruntled person who refused to understand that we can’t save the whole world.
 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2020 Die/The Bronberger