Dit was net betyds Print E-mail
News - Briewe
Monday, 23 June 2014 22:43
Untitled Document

Anita Robertson van die Bybelstudiegroep, AP Kerk Grootfontein skryf:
Baie dankie, Bronnie. ‘Sorgsentrum se vroue inspireer ander’ in julle Januarie-uitgawe verwys:
So ‘n maand gelede was ons Bybelstudiegroep weer by die Dagbreek Sorgsentrum naby Bapsfontein en Daleen Redgard het met trane in haar oë gesê dat dit min is dat hulle positiewe terugvoering kry. Sy het gesê dat daar so baie negatief oor hulle gepraat word, maar hierdie artikel het haar trane van blydskap gegee. 

Drie weke gelede het ons die nuus gekry dat die 73-jarige Daleen gesterf het. Hulle het haar die oggend in haar woning gekry, vermoedelik oorlede aan 'n hartaanval.


Daleen Redgard

Sy was ‘n weduwee met sewe kinders en het in die kombuis by Dagbreek gewerk. Sy was ’n voorslag met brei en hekel en was ‘n baie vriendelike mens gewees.

Dankie, Bronnie, dat julle haar hart verbly het deur die artikel te plaas. Wat sal ek sê . . . net betyds. Mag ons maar altyd die goeie in die mense om ons raaksien en erkenning gee en sodoende ‘n persoon verbly voor die tyd op aarde verby is en dit te laat is.

 

© 2020 Die/The Bronberger