Mooiplaatser wen trofee vir beste brandbestryding PDF Print E-mail
News - Artikels
Monday, 23 June 2014 21:16
Untitled Document

Mooiplaatser Nick Woodrow het die Welbekend Brandbestrydingsvereniging-trofee vir die beste wyk uit 14 ontvang. Nick staan aan die hoof van wyk nege, wat Mooiplaats, Zwavelpoort en Boschkop insluit.

Hy het die trofee gewen vir die brandverslae wat hy altyd inhandig, die manier waarop hy sy wyk in die brandseisoen hanteer en nommers uitgee voor mense mag voorbrand maak.
Die Welbekend Brandbestrydingsvereniging (WBBV) dek rofweg die bedieningsgebiede van die volgende Polisiestasies: Boschkop, Bronkhorstspruit-suid en Welbekend.


Nick Woodrow, regs, ontvang die Welbekend Brandbestrydingsvereniging-trofee vir die beste wyk uit 14 van voorsitter Walter Schilling, links
Foto’s: Trix van den Berg

Die Nasionale Wet op Veld- en Bosbrande sien jou outomaties as skuldig tot jy onskuldig bewys word as ‘n veldbrand oor jou grond beweeg. Dit maak nie eers saak of die brand op jou grond begin het of nie.

Grondeienaars wat lid is van ’n brandbestrydingsvereniging, wat onder die brandwet by die Department van Landbou, Bosbou en Visserye gestig is, word egter as onskuldig beskou tot daar met redelike sekerheid in ’n siviele saak bewys is dat hulle nalatig was.


Pieter du Toit, Herman van Zyl, brandoffisier, Nick Woodrow van wyk nege, en Walter Schilling, voorsitter

Die WBBV se brandbestuurspan is: Voorsitter: Walter Schilling, 076-855-4112; Brandoffisier: Herman van Zyl, 082-421-8043; Ondervoorsitter: Pieter Du Toit, 072-060-8612; en Finansies: Sonja Cilliers, 083-260-5065.

Die WBBV het die volgende wyke:
Wyk 2: Yzervarkfontein en Klipspruit: Japie Visagie, 083-611-8404.
Wyk 3: Boschkop en Klipspruit: Ian Wallace, 083-290-6044.
Wyk 31: Boschkop: Ian Wallace, 083-290-6044.
Wyk 4: Witpoort en Kameelzynkraal: Chris Nel, 083-704-4106.
Wyk 41: Onbekend: Ben Dreyer, 084-207-7339.
Wyk 5: Knoppiesfontein: Frikkie Jacobs, 083-425-4144.
Wyk 6: Bashewa: Piet van der Merwe, 082-888-1358.
Wyk 61: Rietfontein en Bashewa: Frank Da Serra, 083-453-0490.
Wyk 62: Klipkop: Len Joubert, 082-440-1678.
Wyk 63: Tiegerpoort: Frank Kloes, 083-265-2583.
Wyk 8: Vaalbank: Walter Schilling, 076-855-4112.
Wyk 81: Vaalbank: Flip du Plessis, 082-451-1485
Wyk 9: Mooiplaats, Zwavelpoort en Boschkop: Nick Woodrow, 082-024-4259.
Wyk 91: Donkerhoek en Kleinfontein: Madelein Hoffman, 084-602-4018

 

© 2019 Die/The Bronberger