Goeie dinge gebeur nog Print E-mail
News - Briewe
Tuesday, 29 July 2014 08:51
Untitled Document

Wynand van der Merwe van SAPD Boschkop se landelike beveiliging-afdeling:
Op 2 Julie ongeveer 3:30 nm is Marius Deysel, sy vrou Carmen en hulle twee dogters by hulle plothek in Pienaarspoort deur vier gewapende mans oorval en van al hulle besittings beroof.

Carmen se handsak, met haar ID en bestuurderslisensie asook bankkaarte en Marius se ID en bestuurderslisensie is gebuit. Nou, ons almal weet watter groot gesukkel dit is om dié dokumente weer te kry.

In twee verskillende voorvalle het inwoners van Lethabong egter die handsak en ID boeke opgetel waar die rowers dit uit die voertuig gegooi het. Hulle het geen steen onaangeroer gelaat om die eienaars op te spoor en dit terug te besorg aan hulle nie .

Fundiswa Khumalo en Eunice Madibana het die handsak by die Pienaarspoort-treinstasie gevind en Steve Sethabela het Carmen se ID boek op ‘n ander plek gekry. Steve kon nie ’n kontaknommer in die dokumente opspoor nie en het toe ’n kontaknommer van Carmen se ginekoloog in haar ID dokument gekry. Steve het die ginekoloog gekontak en gevra of hulle nie die dame kan opspoor nie, sodat hy haar dokumente kan terugbesorg. 

Marius en Carmen het hulle dank vir die moeite en behulpsaamheid van die drie inwoners
 uitgespreek. Net om te bewys dat goeie Samaritane tog nog bestaan.  

 

© 2020 Die/The Bronberger