Jare se plesier Print E-mail
News - Briewe
Tuesday, 26 August 2014 08:10
Untitled Document

Marthli Kruger van die Bronberg-gebied skryf:
Ons het ’n grondjie sedert die vroeë negentigs in die Bronberg-gebied. Deur die jare is dit ’n plesier om julle puik tydskrif van hoek tot kant deur te lees en te waardeer.

Dit is sleg om te lees van ons mense wat uitgemoor en aangerand word, maar dit is lekker om die nuus van ons kontrei in so ’n keurige tydskrif te kry. Soveel nuwe besighede ontwikkel en oueres groei en dit is verblydend.

Dit is jammer dat die stadsraad ons so kortwiek in ons aansoeke, anders was ons al meer ontwikkeld. Dit is ’n voorreg om deel van die gemeenskap te wees en om so ’n keurig saamgestelde tydskrif te ontvang.

Carpe Diem.

 

© 2020 Die/The Bronberger