Dankie, Eskom Print E-mail
News - Briewe
Thursday, 25 September 2014 18:04
Untitled Document

Anoniem van Bashewa skryf:
Ek is ‘n inwoner van Bashewa. Ek voel ek moet vir Eskom dankie sê vir die goeie diens wat hulle hier in ons gebied lewer.

Soos byvoorbeeld die trok, wat vroeg in Augustus op Garstfonteinweg net duskant Tierpoort kafee die hele paal laatmiddag uit die grond uitgery het. Soos ek verstaan was Eskom se noodspan binne ‘n halfuur daar. Die kragtoevoer is die volgende oggend 3:30 na die Bashewa/Tierpoort/Grootfontein-gebied herstel.

As jy in ag neem dat hulle die hele paal moes oorplant en nog wat, plus nog in die donker werk, dan is ek baie dankbaar.

Daar is ook ‘n paar ander kere wat ons verbaas was oor die vinnige herstel van gesteelde kabels gedurende die nag. As ons onder Tshwane was, sou ons gewag het tot die volgende oggend voor hulle eers sou gedink het om te kom kyk.

Dankie vir die manne in die Land Cruisers wat ons gebied patrolleer. As alles net so goed kon werk in die land.

 

© 2020 Die/The Bronberger