News -
Briewe
|
Thursday, 25 September 2014 18:04 |
Untitled Document
Alet Erasmus van Kleinfontein skryf:
Ons gesin lees nou al ‘n geruime tyd Die Bronberger en is teleurgesteld wanneer ons om een of ander rede, nie daardie maand se Bronnie kon kry nie.
Persoonlik het ek al heelwat van die artikels wat oor die jare verskyn het met my luisteraars gedeel . . . ek dink maar aan Sarie Marais, die beriggie oor die Kei-appel, ens.
Dan was ek ook deel van die Bronnie se een Desember-uitgawe . . . met ‘n foto van my bakkiesblad wat tot ‘n onthou-beriggie gelei het oor hoe ons Kersfees gevier het as kinders.
Wanneer ek ‘n ekstra uitgawe kry, gaan hy na my Ma in Montana wat ewe lekker saamlees en geniet wat in en om die Bronberg gebeur of reeds gebeur het. Terselfdertyd lees skoonsus in Australië ewe lekker saam via die internet aan die nuutste uitgawe van die Bronnie!
Dankie ook vir mooi berigte en foto’s wat al van Kleinfontein verskyn het in die Bronnie.
Hou so aan . . . ons sien uit na elke nuwe uitgawe! |
|