Hulp nodig met honde Print E-mail
News - Briewe
Thursday, 25 September 2014 18:05
Untitled Document

René en Gerhard Visser van Mooiplaats skryf:
Baie dankie vir julle puik tydskrif. Ons geniet julle artikels baie. In ’n opvolg van ons plasing ‘n jaar gelede, ‘n bietjie terugvoering. Baie dankie vir almal wat gereageer het op die artikel met donasies en skenkings. Ons waardeer dit opreg.

Die afgelope paar weke het daar weer ’n klomp nuwe honde aangekom wat mense net weggegee het of wat ek en my man langs die pad opgetel het. Ons het 40 groot honde en 19 baba-hondjies. Ons sukkel baie om almal versorg te kry en enige hulp met omheiningsmateriaal, hokke, inspuitings teen hondsdolheid, wurmpille, inentings en hondekos sal waardeer word. 

As daar mense is wat belangstel om van die baba-honde aan te neem, sal ons dit baie waardeer. Bel ons by 083-325-0423.

 

© 2020 Die/The Bronberger