Karoo-werker met wapen gedreig PDF Print E-mail
News - Aktueel
Monday, 24 November 2014 23:42
Untitled Document

‘n Man wat Karoo Café in Lynnwoodweg glo wou beroof is vinnig vasgetrap.

Volgens adjudant offisier Dave Miller van die Garsfonteinse Polisiestasie, het die man op 29 Oktober ‘n vuurwapen op ‘n werker buite die restaurant gemik en gesê hy soek water. Daar is verstaan dat hy toegang tot die restaurant wou verkry om die plek te beroof.


Die vuurwapen en mes wat aan die verdagte gevind is

Die polisie is geskakel en ao Dave Miller, Michael McIntosh en sersant Lynette Erasmus het na die toneel gejaag en die man langs Lynnwoodweg gekry. Hulle het ‘n vuurwapen, mes en dagga in sy besit gevind.

Die man het in die hof verskyn op klagtes van die rig van ‘n vuurwapen, die besit van ‘n gevaarlike wapen en dagga.

 

© 2019 Die/The Bronberger