Kleinhuisie kry ook sy dag PDF Print E-mail
News - Aktueel
Monday, 24 November 2014 21:42
Untitled Document

Wêreld Toiletdag is op 19 November gevier. Nee, dit is nie ‘n grap nie. Vanjaar is die tweede amptelike Verenigde Nasies-verklaarde toiletdag.

Volgens die Suid-Afrikaanse Menseregte Kommissie se onlangse verslag oor die reg van toegang tot voldoende water en sanitasie, het ongeveer 11% van Suid-Afrikaanse huishoudings (1,4 miljoen mense) geen sanitêre dienste nie. Weens infrastruktuur wat aan die agteruitgaan is, voldoen 26% van alle huishoudings in die land se sanitêre dienste nie aan die vereiste standaarde nie.

Wêreldwyd het meer as 2,5 biljoen mense geen toegang tot toilette nie. Elke uur gaan 70 vrouens en kinders dood van siektes wat aan swak sanitasie toegeskryf kan word.

 

© 2019 Die/The Bronberger