Vat jou munisipaliteit só aan PDF Print E-mail
News - Aktueel
Monday, 24 November 2014 21:43
Untitled Document

Sukkel jy met verkeerde munisipale rekeninge, geen vullisverwydering, slaggate, vuil drinkwater of onbetroubare kragtoevoer? Daar is nou ‘n manier om diensleweringsklagtes by die gepaste verbruikersforums in te dien, sonder om deur ’n lang en duursame hofproses te gaan.

AfriForum het in Oktober ’n handleiding bekendgestel wat munisipale verbruikers stap vir stap hiermee help. Dié burgerregte-organisasie het in 2013 ’n hofsaak teen die minister van handel en nywerheid gewen, waarin die hof beslis het dat alle munisipaliteite onderhewig is aan die Wet op Verbruikersbeskerming.


Leer hoe om munisipale diensleweringsklagtes te hanteer

“Ons hoop dié handleiding sal aan moedelose munisipale verbruikers mag teruggee,” het Ivan Herselman, bestuurder van AfriForum se gemeenskapportefeuljes gesê.

Die Wet op Verbruikersbeskerming stel sekere verbruikersforums daar, wat jou klagte sal ondersoek en poog om dit op te los. Die handleiding verduidelik hoe om bewyse gereed te kry voor jy so ‘n forum nader en stel dit duidelik dat desperate pogings vermy moet word.

Desperaatheid om resultate te verkry, meestal gebore uit frustrasie, kan teenproduktief wees vir verbruikers se belange. Indien ‘n klaer nie die aanmelding van klagtes reg hanteer nie, kan die amptenaar wat die saak namens die munisipaliteit ondersoek, weier om verdere aandag daaraan te skenk.

Die handleiding verduidelik ook hoe om teenproduktiewe optrede te vermy. Dit kan gratis in Afrikaans en Engels by www.munisipaleverbruiker.co.za afgelaai word.

 

© 2019 Die/The Bronberger