Gemeenskap baklei terug teen prospekteerders PDF Print E-mail
News - Aktueel
Friday, 12 December 2014 13:41
Untitled Document

Inwoners van die Bronkhorstspruit en Wilgerivier Bewarea het besluit om terug te veg teen die groot aantal aansoeke om prospekteerregte in hulle gebied.

Annamie Duvenage, woordvoerder vir die bewarea, sê dat dié aansoeke ook rondom en op die grond van die Premiermyndam is, wat 45 000 mense in Rayton, Cullinan en Refilwe van water voorsien.

“Daar is baie mense in Pretoria wat naweek- en vakansiehuise in die Bronkhorstspruit-omgewing het en ons weet nie of hulle altyd van die aansoeke hier bewus is nie. Veral die Wachtenbietjeskop- en Renosterspoort-gebied het gevestigde natuurreservate,” sê Annamie.


Die Bronkhorstspruit en Wilgerivier Bewarea

Inwoners het onlangs ‘n vergadering met konsultante van die prospekteerders gehou en besluit dat ‘n komitee gevorm moet word om die aansoeke namens almal te hanteer.

Die komiteelede sluit mense van die volgende instansies in: Premiermyn, Rainbow Chickens, Bronkhorstspruit and Wilgerivier Bewarea, Magalies Waterraad en plaaslike grondeienaars.

Dié komitee sal namens grondeienaars en belanghebbende partye met die aansoekers en hulle konsultasie-maatskappye skakel.


Annamie Duvenage van die Bronkhorstspruit en Wilgerivier Bewarea

Die prospekteer-aansoeke sluit die volgende maatskappy in die volgende gebiede in:
1. Black Royalty Minerals – Wachtenbietjeskop 506 JR, Tweefontein 491 JR, Leeuwfontein 492 JR,  Spitskop 502 JR, Uitval 494 JR, Onspoed 500 JR, Bella Vista 560 JR, Jakkalsfontein 531 JR, Jakhalsfontein 528 JR, Suikerboschfontein 529 JR, Heuningnes 517 JR, en Soria Maria 501 JR.

2. Oakleaf Investment Holdings (Pty Ltd) – Wachtenbietjeskop 506 JR gedeeltes 71, 72, 73, 77-80, 87 en 149, Tweefontein 491 JR gedeeltes 1, 2, 4, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16 en die oorblywende deel van die plaas Elandsfontein 494 JR.

3. Sabicento (Pty Ltd) – Klipfontein 498 JR gedeelte 0002, Elandsfontein 493 JR gedeelte 0002, en Grootspruit 455 JR gedeeltes 0004.

Annamie vra dat grondeienaars en belanghebbende partye wat nie by die vergadering was nie, die komitee skakel om op die hoogte van verwikkelings gebring te word. “As mense op jou eiendom opdaag met enige korrespondensie of versoeke rakende die aansoeke, kontak ons asseblief onmiddellik,” sê Annamie.

Bel Annamie Duvenage van die Bronkhorstspruit en Wilgerivier Bewarea by 082-466-2384; Piet Human, die boere-koördineerder, by 084-700-3438; Anja van Deventer van die Premiermyn by 082-347-2565 of stuur ‘n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

Belanghebbendes kan by die Facebook-groep, “Bronkhorstspruit and Wilge River Conservancy” aansluit.

 

© 2019 Die/The Bronberger