Probleme op ou Bronkie-pad en Shere PDF Print E-mail
News - Rubrieke
Thursday, 19 February 2015 22:45
Untitled Document

In dié rubriek wil ek graag twee punte aanraak: Een is die toenemende voorvalle van kapings op die Ou Bronkhorstspruitpad (R104), of soos die meeste mense dit ken, die swart pad; en die ander is die voorvalle by die Shere-landbouhoewes.

Die stuk van die Ou Bronkhorstspruitpad tussen Hans Strijdomrylaan (Solomon Mahlangu) en die Mooiplaats-grondpad is in SAPD Silverton se wyk. Baie inwoners van Donkerhoek, Mooiplaats, Boschkop en Pienaarspoort gebruik die pad elke dag.

Dié gedeelte van die pad word deesdae deur prostitute beset en op hulle beurt weer deur ander misdadigers wat wag vir voertuie om af te trek. Dan word die voertuie gekaap, die insittendes beroof en aangerand.

Die groepe misdadigers is gewapen en bestaan uit enige getal van vyf to twaalf persone. ‘Klante’ van die prostitute, sowel as onskuldige persone wat net van die pad aftrek, word geteiken en in die veld in gedwing, waar die rowers uit die oog van verbygaande motoriste die roof afhandel.

Vermy asseblief om af te trek op dié stuk pad vir watter rede ook al. Dit is vir jou eie veiligheid.


Adjudant offisier Wynand van der Merwe

Shere
In die laaste maand was daar twee voorvalle van huisroof in Shere gewees. Altwee het vroegoggend plaasgevind. Omdat Shere ’n klein gemeenskap is, het die nuus soos ’n veldbrand versprei en ’n mens sou dink dat die inwoners meer paraat sou wees.

Ek was egter ontnugter toe ek in die vroeë-oggendure patrollie ry en vind dat talle hekke oopstaan. Slegs ’n week na die laaste roof! Mense, sluit asseblief julle hekke.

Aanmelding van misdaad is ook baie belangrik. Volgens statistiek by die polisiestasie het Shere nie baie misdaad gehad nie, tot een van die sekuriteitsbeamptes en ’n lid van die gemeenskap by die stasie kom praat het oor die misdaad in die Shere-omgewing.

Dit was duidelik dat die inwoners nie misdaad aanmeld nie. Sodoende kan die polisie nie weet dat ’n probleem ontstaan nie en ook nie addisionele patrollies in so omgewing doen nie.

Statistiek is geweldig belangrik in die bekamping en voorkoming van misdaad. Al word die misdadigers nie op die direkte oomblik gevang nie, of al dink Jan publiek dit is maar net ’n ou klein misdaadjie en nie die moeite werd om aangemeld te word nie, meld dit asseblief aan. Misdaad eskaleer van iets kleins en onbenullig tot moord. So, meld dit eerder nou aan voor dit te laat is

Onthou dat die volgende Landelike Beveiligingsvergadering op Donderdag 19 Februarie om 6.30 nm by Farm Inn gehou word. Verteenwoordigers van al die landbouhoewes wat onder SAPD Boschkop val, is welkom om dit by te woon.

Wees paraat, wees veilig.

 

© 2019 Die/The Bronberger