Trompop botsing eis Robbie se lewe PDF Print E-mail
News - Aktueel
Tuesday, 28 April 2015 22:42
Untitled Document

Robbie Steinberg van Rayton is Sondagoggend 5 April dood in ʼn trompop botsing op die Rayton/Cullinan-pad (R515) langs die Zonderwatertronk. Vyf mense is ernstig in die ongeluk beseer.


Robbie Steinberg

Volgens Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, was die 51-jarige Robbie in sy motor vasgekeer en sy liggaam moes met meganiese toerusting uit die wrak verwyder word. Die pad was deur motorwrakke versper en die verkeer van Paasnaweek-besoekers aan Cullinan het vir honderde meters opgedam.

Chris sê dat die beseerdes op die toneel behandel is voor hulle na nabygeleë hospitale vervoer is vir verdere behandeling.


Die ongelukstoneel op die Rayton/Cullinan-pad langs die Zonderwatertronk
Foto: Netcare 911

Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

Robbie laat sy vrou, Charlotte, en twee seuns, Arno, nege jaar oud, en Robbie, graad sewe, agter.

 

© 2019 Die/The Bronberger