Vreugde ontneem PDF Print E-mail
News - Briewe
Wednesday, 27 May 2015 07:49
Untitled Document

Reina van Deventer van Bronbergpark skryf:
Een van ons groot vreugdes is ons nou ontneem! Ons het altyd Die Bronberger in ons posbus ontvang. Ons bly in ’n kompleks langs die Wilgershospitaal, die naam van die kompleks is Bronbergpark.

Is dit dalk moontlik om Bronbergpark een van julle verspreidingspunte te maak? Daar is 146 eenhede, met ’n waghuis by die hoofingang. Die adres is Denneboomstraat 600.

Ons sien uit daarna om in die toekoms weer lekker te kan lees aan ons geliefde tydskrif indien dit moontlik is.

Dankie vir jou brief en jou belangstelling in Die Bronberger. Ons moes ongelukkig die posaflewering staak weens die Poskantoor se sporadiese gebrek aan diens. Ons sal graag by julle wil aflewer wanneer ons weer ons oplaag verhoog. In dié stadium is die aanvraag na Bronbergers groter as die hoeveelheid tydskrifte wat ons beskikbaar het.

Die naaste verspreidingspunte aan jou is by Karoo Café. – Red

 

© 2019 Die/The Bronberger