Waar kan ek Bronnies kry? PDF Print E-mail
News - Briewe
Wednesday, 27 May 2015 05:49
Untitled Document

Pieter Bekker van Equestria skryf:
Ons het toevallig die April-uitgawe van u tydskrif by my vrou se haarkapster (The Hair Salon) in Hazeldean raakgeloop. Wat ‘n lekker tydskrif met interessante artikels en net lekker leesgenot.

Ons sou dit graag op ‘n meer gereelde basis wou kry. Ons woon in Equestria (Furrowweg) en sal graag wil weet by watter verspreidingspunt ons die volgende uitgawes kan kry. Ons sien uit daarna om die volgende Bronnie onder oë te kry.

Baie dankie en geseënde dag.

Die naaste verspreidingspunte aan jou is die winkels in die Wapadrand Winkelsentrum asook Budget Nursery, Karoo Café, ISP Steel, Lots of Pots (oorkant Lynnridge Mall) en die Wimpy in Lynnridge Mall.

Besoek gerus ons webtuiste, www.bronberger.co.za, vir ‘n volledige lys verspreidingspunte. Kies die artikels-afdeling en kyk na ‘Hier kan jy jou Bronnie kry’ van Januarie 2015. – Red

 

© 2019 Die/The Bronberger