Wie het regtig die diamant gevind? PDF Print E-mail
News - Briewe
Wednesday, 27 May 2015 07:50
Untitled Document

Lydia Bruwer van Donkerhoek skryf:
Baie dankie vir ‘n puik tydskrif. Ek kan nie wag vir elke maand se tydskrif nie. Ek en my man vind die geskiedenis baie interessant.

Nou het ek ‘n groot vraag. Ek weet nie of julle dit al ooit beskryf het nie, maar toe my kinders in die 1970’s in die skool was het hulle geleer dat ‘n seuntjie, Pieter Jacobs Erasmus van 12 jaar oud, die Cullinan diamant in die veld gevind het.


Thomas Cullinan, links, neem die diamant wat na hom vernoem is van William McHardy, middel, en Fred Wells staan regs

Nou lees ek van verskeie grootmense wat kamma die diamant gevind het. Waar kan ek die regte storie uitvind? Ek sal baie bly wees as julle my kan help.

Frederick Wells, oppervlakbestuurder van die Premier Diamantmyn, het die 3 106 karaat diamant, wat later deel van die Britse kroonjuwele geword het, op 2 Januarie 1905 gevind. Blykbaar het ‘n mynwerker vir hom gewys dat die sonstrale ‘n blink voorwerp vang.

Erasmus Jacobs, die 24-jaar-oue seun van die boer Daniel Jacobs, het die Eureka diamant, die eerste diamant wat in Suid-Afrika gevind is, gekry. Dié 21.25 karaat diamant is naby Hopetown gevind toe Erasmus onder ‘n boom langs die rivier gerus het en ‘n waterpyp wat geblokkeer was met ‘n lang stok oopgemaak het. – Red

 

© 2019 Die/The Bronberger