Wil Bronnie se toeka-stories gebruik PDF Print E-mail
News - Briewe
Wednesday, 27 May 2015 05:51
Untitled Document

Joffre Papenfus skryf:
Ek het Die Bronberger leer ken deur aanlyn-navorsing (plaaslike geskiedenis) en deur die tydskrif by ons skool (CVO Pretoria) te kry.

Hiermee versoek ek instemming om van die geskiedenis artikels / rubrieke te gebruik, met nodige erkenning natuurlik.

Ons probeer deur onder andere plaaslike jeugaksies en aanlyn forums om ons geskiedenis en kultuur te versprei by jonk en oud.

Ek self dra by enkele forums ook van tyd tot tyd rubrieke by, en daar is meermale ’n onderliggende aspek van kultuur of geskiedenis wat ons probeer toelig.

U gunstige oorweging hieraan sal op prys gestel word.

Jy is welkom om van die artikels te gebruik met die nodige erkenning aan Die Bronberger. Sal jy ons asseblief op hoogte hou van waar en wanneer die artikels gebruik word? – Red

 

© 2019 Die/The Bronberger