Keelvol vir kla PDF Print E-mail
News - Briewe
Tuesday, 23 June 2015 01:11
Untitled Document

Reline Badenhorst van Elandshoek skryf:
Ek is nou net mooi keelvol (eintlik 'n ander woord) vir die mense wat kla. Kla oor die SAPD, kla oor ESKOM, kla, kla, kla. Word wakker; ons bly in SA. Kla help nie, dit jaag net jou bloeddruk op en jou gesondheid bly in die slag.

Doen iets om dit te verbeter. (LW: nie kla nie.) Die SAPD gaan nie patrollies ry omdat jy kla nie. Klim in jou voertuig en nooi jou bure saam en ry self patrollie. Eskom gaan nie jou ligte laat brand as jy kla nie. Koop kerse, olielampe en speel weer kaart of slangetjies en leertjies.

Leer ken jou kinders want die TV het almal afgestomp en vervreem. Nooi jou bure oor vir 'n kerslig ete. Hou op om agteroor te sit en te kla met die hoop dat iemand anders jou gaan kom help.

As daar 'n vuur iewers is, gaan help, al dra jy net drinkwater aan. Mense wat help word gehelp, mense wat kla, sleg praat en handjies gevou sit word slegs een keer deur my gehelp. Kry ruggraat en staan op en help jouself.

 

© 2019 Die/The Bronberger