Tref-en-trap raaisel opgelos PDF Print E-mail
News - Aktueel
Monday, 22 June 2015 23:28
Untitled Document

‘n Raaiselagtige tref-en-trap ongeluk is met die hulp van die Boschkopse Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) opgelos.

Twee mans is Saterdagaand 23 Mei dood en een beseer in ’n tref-en-trap-ongeluk op Garstfonteinweg-verlenging. Die ongeluk het net voor 11 nm gebeur en Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare 911, sê dat die twee mans reeds dood was toe paramedici op die toneel aangekom het.

Die derde man, wat ernstige beserings opgedoen het, is hospitaal toe geneem vir behandeling. Die mans is glo deur ’n voertuig raakgery en die bestuurder het weggejaag.

Danksy gemeenskapslede se oplettendheid is die saak opgelos en ‘n saak van strafbare manslag aanhangig gemaak.

Gemeenskapslede en die Boschkopse GPF het ‘n verlate voertuig in die Boschkop-gebied gevind.

Adjudant-offisier Ras van die Boschkopse Polisiestasie het die tonele aanmekaar gekoppel en die verdagte is in hegtenis geneem.

 

© 2019 Die/The Bronberger