Sê jou sê oor planne van Zwavelpoortse trouplek PDF Print E-mail
News - Aktueel
Tuesday, 23 June 2015 01:32
Untitled Document

Die Zwavelpoortse Mvubu Lodge aan die voet van die Bronberg beplan om uit te brei. Inwoners wat kommentaar oor dié projek wil lewer het tot 25 Junie kans om dit te doen.

Die basiese evalueringsverslag is by Mvubu se ontvangstoonbank beskikbaar. Dié verslag bevat meer besonderhede oor die voorgestelde uitbreiding en studies wat reeds voltooi is vir die omgewingsmagtigingsproses.

Mvubu Lodge is ‘n plek waar troues en konferensies gehou word. Hulle is op gedeelte 494, ‘n gedeelte van gedeelte 259 van die plaas Zwavelpoort 373 JR. Die perseel is op die Zwavelpoort teerpad, tussen Lynnwoodweg-verlenging en Achillesweg.


Mvubu met die Bronberg in die agtergrond

Die plan is om tien dubbel-slaapkamers met badkamers te bou vir gaste wat die troues en konferensies, wat op die perseel gehou word, bywoon. Die ontwikkelingsgebied is groter as ‘n hektaar.

Die projek is by die Gautengse Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling geregistreer, verwysingsnommer 002/15-16/E0001. ‘n Basiese omgewingsberamingsaansoek en watergebruik-lisensie-aansoek moet vir die voorgestelde projek gedoen word.


Mvubu Lodge se ligging
Foto’s: Mvubu Lodge

Seedcracker Environmental Consulting (SEC) is aangestel om die projek te hanteer. Die basiese evalueringsverslag is ook tot 25 Junie op SEC se webtuiste, www.seedcracker.co.za, beskikbaar.

Belanghebbende partye wat verdere inligting wil hê kan Stephanie Cliff by 082-626-4117 of
012-654-5970 bel. Stuur ‘n faks na 086-518-4885 of ‘n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

 

© 2019 Die/The Bronberger